field.jpgsnow.jpgpigfield.jpgsunset.jpgcows.jpgkobe-meriken-park.jpg

Firat Love

Liewe Louise

Ek het hierdie treffende gediggie van iemand anoniem raakgesien en dink jy wil dit dalk ook hoor.

 

First love

Never ever believe that sweet memories die,
Because that's the most terrible, terrible lie!

Read more...

Vakansie

Liewe Louise

Dit is glad nie aangenaam om nie met jou te kan kommunikeer nie. Ek wonder wat jy doen. Ek worry of alles ok is met jou. Soms kry ek ‘n missed call van jou, maar teen die tyd wat ek die boodskappie kry, het jy al lankal jou simkaart weer uit die geleende foon gehaal en is jy nie meer “available” nie. Dit frustreer my.

Read more...

Rapport

Liewe Louise

Ons moes nog praat oor jou skoolrapport, maar het nooit daarby uitgekom nie. Ons was bly en te besig. Jy het geslaag en ons het iets gehad om te vier. By Tygervallei se Alamo Spur kon ek nie glo dat jy daai double burger in jou klein lyfie kon kry. En nog ‘n Coke ook! Hoërskool hier kom ons!

Read more...

Arms wide open

Liewe Louise

Ek het gedroom dat ek jou die wêreld kon wys. Die groter planeet met wildtuin en vliegtuie. Dit sou jou kleindorpse agterplaas vergroot tot ’n heelal van lewe.

Maar jy het nooit gekom, jy was bang vir die vreemde, het nie die guts gehad. Ek is só jammer. Die geleentheid vir ewig verby.

Read more...

Skryf

Liewe Louise

Miskien is die verlies van jou selfoon ‘n bedekte seën. In een opsig is dit wonderlik om vir jou ‘n brief te kan skryf. Dit gee my kans om in woorde te sit wat ek andersins nie behoorlik vir jou sê en uitdruk nie. Miskien verstaan jou ook nie altyd wat ek werklik bedoel nie. ‘n Brief gee die skrywer ‘n kans om te dink wat hy wil sê, en dit gee die leser kans om dit oor te lees vir beter begrip.

Dan plaas dit ook op rekord wat gesê is om enige tyd in die toekoms weer gelees te kan word.

Read more...

More Articles...

  1. Tienerseks
  2. Liezl
Copyright 2013-2017 All right reserved - Otto the Pig and a4joomla