field.jpgsunset.jpgkobe-meriken-park.jpgsnow.jpgpigfield.jpgcows.jpg

Die Doodstraf

Hallo vriend George,

Jou uitwysing na hoeveel doodsvonnisse die afgelope jare in die VSA omgekeer is weens nuwe forensiese getuienis was interessant. Maar onthou dat dit eerder ’n refleksie op hulle juriestelsel is as wat dit kan dien as demotivering van die doodstraf. Onopgeleide, beïnvloedbare individue vanaf “die straat” sal net nooit hulle eie vooroordele op die agtergrond kan plaas in gevalle waar getuienisse twyfelagtig is nie. Maar “gelukkig” is daar die geleentheid tot appèl en jare is deathrow.

Ook moet mens toegee dat die dramatiese ontwikkeling in forensiese tegnieke (wetenskaplike analitiese tegnieke) grotendeels tot die voordeel van die ongelukkige ter dood veroordeelde siele aangewend kon word, omdat hulle daarop aangedring het dat hulle onskuldig is, en omdat daar in Amerika baie prokureurs is wat werk vir hul hande soek.

So die kwytskeldings dui op verbeterde tegnieke, swak polisie werk, swak en bevooroordeelde geregtigheid.

Ons moet toegee: Daar is darem ook baie gevalle waar daar geen twyfel bestaan oor die moordenaar en sy dade nie.

Maar wat van die alternatiewe; die onskuldig lewenslange gevonniste?

Ons betoog almal en sê “een onskuldige doodstraf” is genoeg bewys dat die stelsel ons faal. Dus skaf ons die doodstraf af. Dus wil ons eerder die foltering van “lewenslank onskuldige tronkstraf” uitdeel! (Die swak stelsel word nie verbeter deur die afskaffing nie: ons skep eerder ’n nuwe subkultuur wat regeer vanuit die tronk, met stemreg en al)

As die lewe van een onskuldige veroordeelde dan so belangrik is, hoe belangrik is die lewe van duisende onskuldige wetsgehoorsame vermoorde burgers van ’n land nie? Hoekom is die een lewe nie net soveel werd as die ander nie? Hoe adresseer mens hierdie diskrepansie?

Die grootste probleem bly dat die onskuldige vermoorde se regte ontneem word, terwyl die skuldige moordenaar ten volle op sy regte staatmaak. Dit kan mos nie reg wees nie.

Dat die doodstraf die voorkoms van moord oor die korttermyn sal verminder twyfel ek. Daar is ’n klas van boef wat dit sonder wroeging sal doen, vroue sal steeds hul mans tot raserny en impulsiewe moord dryf, psigopate sal steeds genot uit hul dade put.

Maar mense bly steeds bang vir die dood. Jy vrees ’n rewolwer in die gesig. Flieks met geweld en doodslag fassineer miljoene. Die as doodstraf een in duisend moorde voor kom, wat dan? As kinders op skool leer dat “mense wat ander mense dood maak word self dood gemaak” Sal dit nie een of twee minder moorde tot gevolg hê nie.

Ek glo ons kan nie die probleem oplos deur te kyk na die regte van individu EN na die behoefte van die groter gemeenskap as ’n geheel nie. Die dinamika van die individuele moordenaar /slagoffer /onskuldige /skuldige is net te verskillend van die dinamika van ’n populasie /gemeenskap /samelewing.

In eersgenoemde geval sou ’n spreekwoordelike oog vir ’n oog geld. Ek sou in my testament kon bepaal wat met my moordenaar gedoen moes word. Daar sal bisarre dade gepleeg word met veroordeelde moordenaars, maar bitter min van die testamentêre vonnis opdragte sou 15 jaar tronkstraf met TV en lekker kos voorskryf. Ek glo jy sal met my saamstem. Wat sou jy in jou testament voorskryf?

Probeer ons dit benader vanuit ’n groeps- of samelewingsoogpunt, raak dinge totaal anders. Ons verpand ons regte aan owerhede in ruil vir gemoedsrus en orde. Die samelewing kristalliseer tot klonte van spesialiteite en subkulture. Die lym is geld. Kommunikasie en vervoer verseker die instandhouding en uitbouing van substrukture. Belastinggaarder, bakker of bankrower, jy is deel van die bestel, deel van die ekonomie, bevorder sy instandhouding. En as jy dan iets sou oorkom, soos om beroof, vermink, verkrag en gedood te word vir jou hifi en selfoon, is dit statistieke wat tel, moorde per duisend mense, verkragtings per dag. Jou moord is statisties voorspelbaar. Jou versekeraar doen dit immers, en die owerhede skuil daaragter.

Gelukkig is daar geen posttraumatiese tres in die dood.

In lewe het jy staatgemaak op geregtigheid. Jy het dit altyd verkondig en gekoester. Jy het altyd jou deel vir armes in die kerk gegee. Nou kom jy agter geregtigheid is afhanklik van hoe goed of sleg die polisie hul werk doen (geluk), hoe goed of swak staatsaanklaers en verdediging is (geluk). Die oorwerk onderbetaalde beamptes is. Alles word nou haarfyn met statistieke bepaal en beheer. Jy is dood en het geen seggenskap as jou familie moed opgee en dankbaar is die stresvolle hofsittings is verby, publieke blootstelling wat hulle moes verduur terwille van “wat sal die mense sê”. Jy wat dood is mag skree om geregtigheid tot jou blou in die gesig is...dit sal nie help nie. Ander het reeds besluit terwyl die fokkers glimlaggend jou tienerdogter eye.

Dit is nou maar eenmaal so dat in groepsverband die individu nie tel nie. Dit is ’n basiese beginsel van evolusie. Of jy nou onskuldig ter dood veroordeel word en of jy as onskuldige bystander ’n necklace van ’n brandende motorband om die lyf kry, of toevallig op die verkeerde plek op die regte tyd is om ’n dronk motorbestuurder kop-aan-kop te ontmoet. Dit maak alles nie saak aan jou nie. As jy dood is, is jy dood. Jy plant nie meer voort.

Dit is die wat agterbly wat een by die statistieke tel om te kyk watter impak dit op hulle maandsyfers het. Nee, nou is ek te sinies.

Waarheen ons ook al die samelewing probeer dryf maak nie saak nie, maar ons kan nie toelaat dat die statistiese moontlikheid van onskuldige straf in die weg staan van beter statistieke vir regverdige vonnisse nie.

Dit is net die helfte van die agument...

Copyright 2013-2017 All right reserved - Otto the Pig and a4joomla