Kyk Nou so n Blond

Vanoggend Solidariteit se Blonde Poppie op KykNET sien perform.

Arme Piet met die Keps se logika, insig en realistiese benadering maak geen hond se hare skoner of blonder nie.

Mens, maar sy raak opgewonde oor die betekenis van haar 47,000 handtekeninge uit haar target-gehoor teen die voorgestelde porno-kanaal van DSTV.

Die verworwe statistieke wat sy so vinnig uit die hoed pluk oor die verband tussen seksdade en pornografie sal definitief geen tweede-jaar statistiek student laat slaag nie.

Definieer eers pornografie en wat met blootstelling bedoel word. Vra dan: Wat is die verhouding van mense in Suid-Afrika wat aan pornografie van enige soort blootgestel word?

Dan kyk ons na werklikheid. Daar is meer pornografie in SA huishoudings as wat daar seks misdade in die land per huishouding is. Hoe op aarde kan ons dan so ‘n verband projekteer as waar en bewys.

As ‘n navorser nie die antwoord ken nie, kan hy dit nie ignoreer nie! Swak wetenskap. En die Blonde Poppie Kenner ken nie eers die verskil tussen soft en hardcore nie!

Dit is soos om te sê meeste moorde word met vuurwapens gepleeg, dus moet vuurwapens verban word. Meisie, sonder guns sal ons mense kapmesse, spiese, klippe, grawe, hammers, stokke en krieketkolwe gebruik. Gaan kyk in ander lande wat gun-free is. As mense wil moor sal hulle. As mense wil seksmisdade pleeg, sal hulle.

 

Otto vergeet vir n wyle sy eie voorliefde. Solidariteit behoort hom te skaam dat hy/sy sulke vrot navorsing die wêreld instuur.  Die kanaal sal mos nie OOP wees vir elke Jan en sy Raps. Jy sal mos ekstra moet betaal vir jy vurige vermaak.

Dit is elkeen se eie keuse, maar om ander wil boikot of brandmerk of inskrywings kanselleer kom neer op afpersing.

Joomla templates by a4joomla