Die Internet knetter oor Whatsapp

Daar is tans ‘n geknetter op die internet-ruim oor Whatsapp se ‘nuwe’ ooreenkoms en mense word aangeraai om na Telegraph oor te gaan. Maar waarom?

Agtergrond:

Whatsapp is in 2007 deur Jan Koum en vriend Brian Acton ontwikkel. Populariteit het drasties toegeneem toe die nou bekende (en verslawend) “ping” bygesit is wat jou waarsku van nuwe inkomende boodskappe. Hierna het Whatsapp vinnig gegroei tot 2 biljoen gebruikers wêreldwyd. (Februarie 2020)

In 2014 het Facebook vir Whatsapp teen die ongehoorde bedrag van US$19.3 biljart gekoop.

Waarom dan so baie betaal? Waar kry Facebook sy geld?

Facebook bied 'n gratis diens met baie voordele vir die verbruiker. Mens kan baie gou 'n presence op die net hê. Maar hulle moet mos geld maak om daardie infrastruktuur in stand te hou.

Facebook se besigheidsmodel is die verkoop van advertensies. Advertensies wat gerig is op sy 2.7 biljoen verbruikers se voorkeure. Slim algoritmes bepaal daardie voorkeure uit die inligting wat hulle van jou het. Jy word ge-“target” sê ons.  Dit het voordele in vir beide partye.

Byvoorbeeld: As jy manlik is en 30 jaar oud, sal ek 'n advertensie vir 'n nuwe speletjie konsole aan jou rig, eerder as om 'n 70-jarige gebruiker te irriteer terwyl sy met haar kleinkinders tokkel op Facebook.

Mens kan insien hoe Facebook se skakel met Whatsapp, Instagram en ander kan bydra tot die beter rig van advertensies aan sy gebruikers. Hoe grote sy data basis, hoe beter hulle algoritme.

Hoekom die nuwe ooreenkoms?

Mens kan ook insien waarom Facebook sy ooreenkoms met verbruikers wil aanpas by sy nuutste dienste soos Whatsapp Business. Deur die voorwaardes aanvaar VERHOED jy dat jy gepla word deur relevante advertensies.

Jy sluit 'n ooreenkoms met 'n baie meer stabiele organisasie (onder die jurisdiksie van VSA wette) eerder as een met baie onsekere oorsprong en werkwyse. (sien onder)

Die werklikheid.

Mens moet besef dit is nie persoonlik nie. Ons is oorsensitief en verbeel ons ons is uniek. In werklikheid is daar 'n hele groot groep mense wat dieselfde demografiese inligting en voorkeure het. Ouderdom, geslag, ras, koop patroon, voorkeure ens., ens.  Gee net nooit jou pins en maak seker jou wagwoorde is “sterk”.

Niemand verplig jou ook om Facebook of Twitter of Whatsapp te gebruik nie. Jy het geen aanspraak om hulle terme te kritiseer.  As hulle jou wil sensor kan hulle dit doen. As hulle jou vuiltaal of opruiende woorde sensor, kan hulle dit doen. As jy nie saamstem nie, los dit en moenie dit gebruik. Maar verstaan as jy oorskakel na 'n ander diens, gee jy weer iets in ruil daarvoor. Daar is net 'n ander baas en heerser. Word groot. Dit is jou keuse.

Soos altyd geld die reël. As iets gratis is, is jy die produk. En mens moet jouself afvra of jy tevrede met hierdie reëling, anders los dit.

Huidige knetter

Tans is daar  ‘abnormale’ bewustheid in Telegram en mens moet dit sien teen die agtergrond van gebeure wêreldwyd die afgelope tyd.

  1. Verbod van Trump op Facebook, Twitter, Google ens. wat regse elemente verplig om na ander dienste soos Telegram gebruik te maak om te organiseer.
  2. Die nuwe ooreenkoms met Facebook met die verbruiker, vir hulle die reg te gee om jou inligting te gebruik wat teen Whatsapp/Facebook gebruik word.
  3. Dit skep 'n geleentheid om, ala Trump, “Big Tech” met valse inligting aan te val.

Mens kan dus die dryfveer van die raad om oor te skakel in regse Trump-aktivisme bespeur. 

Telegram:

 Ek wil hê jy moet dit lees om self 'n besluit te maak oor Telegram.

“Telegram was launched in 2013 by brothers Nikolai and Pavel Durov. Previously, the pair founded the Russian social network VK, which they left when it was taken over by the Mail.ru Group.[25][26] Nikolai Durov created the MTProto protocol that is the basis for the messenger, while Pavel Durov provided financial support and infrastructure through his Digital Fortress fund, with partner Axel Neff joining as a second co-founder. The company and the app were started in Russia in 2013 and later moved to Germany.[27][28] Telegram Messenger states that its end goal is not to bring profit,[29][30] but it is not currently structured as a non-profit organization.[31]

Telegram is registered as both an English LLP[32] and an American LLC.[33] It does not disclose where it rents offices or which legal entities it uses to rent them, citing the need to "shelter the team from unnecessary influence" and protect users from governmental data requests.[34] Pavel Durov said that the service was headquartered in BerlinGermany, between 2014[35] and early 2015, but moved to different jurisdictions after failing to obtain residence permits for everyone on the team.[36] Durov left Russia and is said to be moving from country to country with a small group of computer programmers consisting of 15 core members.[25][37] According to press reports, Telegram had employees in Saint Petersburg.[36] The Telegram team is currently based in Dubai.[38]   https://en.wikipedia.org/wiki/Telegram_(software) Retrieved 11 Januarie 2021.

Tans het Telegram 400 miljoen gebruikers. Dit kan omtrent alles doen wat Whatsapp doen, maar nie so veilig (secure) as Whatsapp nie. Het net nie dieselfde bandwydte en infrastruktuur nie. Het 'n geskiedenis van “inbrake” en onsekere toekoms. Word hoofsaaklik deur “filantrope” se skenkings aan gang gehou. Word beskryf as 'n “white supremacist safe haven", “a valuable tool for right-wing extremists” en  'n “jihadi messaging app".

Deur oor te gaan van Whatsapp na Telegram plaas jy net jou data in die hande van 'n baie meer onsekere “baas” en onsekere betroubaarheid.

Wat moet ek doen?

Aanvaar die kondisies. Whatsapp is 'n goeie, gratis program en baie beter as Telegram.

In elk geval, As jy nie online koop nie, sal jy nooit 'n advertensie op Facebook sien wat jou pla nie. Jy wat nie eers baie Facebook gebruik nie, sal nooit deur Facebook advertensies gepla word.

Die waarheid is ook dat jy gedurig op die internet instansies toestemming gee/nie gee om jou data te beruik. Daarom word jy gedurig gebombardeer met gerigte advertensies.

Servaas de Kock
12-01-2021

Joomla templates by a4joomla