Ek was reeds siewe maande met die lyf
Toe gryp ou Soois die spaarblik uit my hand
klap my windskeef met die vuis
en met ons leste pond of wat
"Ek gaan oorlog toe vir onse land"
trap hy die voordeur uit die huis. 

Ek was steeds siewe maande met die lyf
Toe ga claim ek vir support
Om net te hoor Soois is dood verdrink
Van die dronk by die hawe
van die skip innie wate
Nog voor sy oorlog het begin

Ek was steeds siewe maande met die lyf
Kyk Menee, Fransie lê daar onner die boom
Hy kwyl en ruk ma so van kleintyd af
Hys man ma ek moet hom elke dag nog was
En stert afvee daar op die gras

Ag Menee, Meidjie is net drie
Sy weet skaars van sakdoeke en pie
Wat nog van mansbroeke was en stryk
so 'n liewe kind, haar kan ek jou nie gie

My Johnny hy is nou net tien
Hy verkoop koerante en is al een
wat altyd vir sy ma iets kan verdien
ek wil so graag voortanne koop
en in die spieël my eie smile ook sien

Kyk hier, Maggie doen goed met die leer
Op dertien blom sy en ek moet keer
Dat sy op skool bly en nie verdwaal
Straataf tussen skollies en die kwaad
Sies Menee, hou jou pote van ha boude af!

Ag Menee kyk
Ek is reeds ag maande met die lyf
Wat kan ek tog doen om jou iets te wys
Jou bolletjies hou, jou hardehout kou
Nog 'n bietjie skommel lat jy grom
Elke wiek as jy vir die rent om kom

Asseblief Menee
Ek is reeds niege maande met die lyf
Weet jy wil my by die huis uitsmyt
Baby wil kom so maak net gou
Fok
Jy maak so seer ek kan skyt
Maar asseblief Menee
Los tog net my kinners yt.

 

14/1/2001
Met hierdie woorde/beelde word ek wakker.
Ek sweer dit het beter geklink voor ek dit op papier kon sit. Dit na 2000 se Groote Verseboek-bybel die vorige aand.

 

Joomla templates by a4joomla