Post Wit Seisoen  
 
Oranje blanje blou se moer
skree
ons vlag mos reënboog bont
of hoe
verlede probeer vergete
as pa vir ma vlag
lê sy mooi op die groen streep
brom-brom
kyk hoe vergeet ons die verlede
my bruin sussie
boet vir ons wit sonde
piering in die hand
omvlag
die nuwe goede gawe gewer
die voete droog wat nou regeer


 

~~Iewers na 1994
Ons is 'n wonderlike nuwe land met 'n baie mooi nuwe flag.
Nou flag ons mekaar wettig.

Joomla templates by a4joomla