Hy trek sy fancy bakkie tot die water

    by die laaiplek

by die kaai

vis skoonmaak vir sy braai.

 

Swaar hang die visse met slap koppe

oor sakke

wit bakke

oopsny vir die vale

en voer vir Afrika

se laaste honger meeu, die ingewande vêr slinger

sweef hul na sy tafel van derms en bloed.

 

Tengerig skraal

dun gewaste blomme op katoen

wapper in die wind

versigtig skuifel sy nader

geel Checkers bag oopgerol

maer bruin vingers oopsprei

borste en bolyf omlaag

Voetjie vir voetjie

 
   Asseblief m
eneer, so ‘n bietjie binnegoed vir my en die kinders

   ook kuwe is okay, meneer  

   (Voertsek)

   die meeue veg vir die flenters in die lug...

   

   Sy draai nederig om

   verstoot

   leë sak vol niks

  en dink...  

 

   Vanaand as jy my oplaai by die kruispad

   Dán is Gloria okay vir jou, meneer
   Dán ken jy my naam...


 

 
  ~~  Die jaar was 2009.
Die eerste deel waar. Die laaste geraai.    


Joomla templates by a4joomla