Liewe Louise

Ons moes nog praat oor jou skoolrapport, maar het nooit daarby uitgekom nie. Ons was bly en te besig. Jy het geslaag en ons het iets gehad om te vier. By Tygervallei se Alamo Spur kon

ek nie glo dat jy daai double burger in jou klein lyfie kon kry. En nog ‘n Coke ook! Hoërskool hier kom ons!

Jy het heen en weer getrippel tussen Mr Price, Jet en Edgars om jou budget versigtig te blaas. Jy kon nie besluit of ek moes by wees of nie. Skaam wees of nie. Maar op die ou end moes ek ook help besluit aan daai mooi bra’tjie and pakkie panties. En die toppie en jean en shorts en skoene – al die goed wat meisies dra. Dit is nie juis my domain nie, maar ek het soos ‘n ware pa gevoel, en jy het nie ‘n dêm omgegee wat die mense dink terwyl ons arms swaaiend na die motor stap.

En toe vir die bonus. Ons gaan maak ‘n draai by jou sportheld, die een wat die goue medalje by die Olimpiese Spele gewen het. Jy bedel sy handtekening. Dít gaan geraam word, spog jy.

So, om jou dag nie te bederf nie, het ek maar die rapport-storie vir eers gebêre terwyl ons deur die tonnel na die anderkant van die berg, huiswaarts keer. Vêr weg van al die plesierigheid.

Met Liefde

Oom Piet

Naskrif:
Hierdie brief het ek toe liewer nie gepos nie. Ek het dit seker eerder vir myself geskryf. Miskien eendag herroep dit aangename memories as jy die blog ontdek. As die kleertjies al op gedra en aan ge-pass is. As jy ontdek dat jý Louise is.

Joomla templates by a4joomla