Liewe Louise

Dit is glad nie aangenaam om nie met jou te kan kommunikeer nie. Ek wonder wat jy doen. Ek worry of alles ok is met jou. Soms kry ek ‘n missed call van jou, maar teen die tyd wat ek die

boodskappie kry, het jy al lankal jou simkaart weer uit die geleende foon gehaal en is jy nie meer “available” nie. Dit frustreer my.

Wat maak jy?  Jy sou na die jeugkamp op Hermanus gegaan het. Ek kan sien jy het die geld wat ek in jou rekening daarvoor gesit het, getrek. Maar waar is jou nou en wanneer gaan jy terug?

Dikwels kyk ek hier van oorkant Walkerbaai se kant na die liggies van Hermanus in die aand en wonder of jy nog daar is en wat jy nou aanvang. Is jy vellig? Naby watter liggie is jy?  Jy weet mos hoe ons ou mense worry en gesigte sien. Worry oor niks, maar ons sal worry. Ek weet jy is groot genoeg om na jouself te kyk en ook nie sal toelaat dat ander met jou mors nie. Daarvoor kan jou bek te giftig wees.

Vakansie tyd is pret tyd.  Geniet dit

Oom Piet

Joomla templates by a4joomla