Liewe Louise

Jare gelede het ek vir ‘n ander Louise 'n versie geskryf....

 
Liezl
 
Jy gryp die derm van my hart
maak my verspot mak
'n honger aap op tou
wil jou aandag hou
my knersvarkie
bitter bog
die taal wat jy praat
 
vaak
stukkend
totally weg!
 
Hoe op aarde
kan ek jou
vir ewig
so hou?

 

Maar jy móés groot word, swot en graad vang, trou en weer graad vang. Kind grootmaak. En nou sien ek jou by geleentheid, as die familie saam kom, as jy nie belangrike werk doen. En ek wil jou steeds so hou.

Oom Piet

Joomla templates by a4joomla