Om te ontsnap van die lewe

 

Ek vra weer

Kan sprinkane ‘n vuurpyl bou en van die aarde ontsnap?

Kan hulle ooit mobiliseer

om ‘n projek groter as hulself

aan te pak?

 

Jy dink dit is dalk net mentale couscous

Of jy willie dinkie wan dis soe uncool.

 

en steeds bly ek anoniem in hierdie wêreld

goddank

 

want wie wil wegbreek

uit sy eierdop

net om opgeëet te word

 

2013-01-05

Joomla templates by a4joomla