Die werklike storie hoor ons nie.

Die saak van irrasionaliteit het nou onlangs weer kop uitgesteek onder die opskrif  Rooivleis is nie ‘groen' genoeg in Die Burger. ‘n Japanese studie deur Akifumi Ogino toon glo aan dat een kilogram rooivleis veroorsaak meer kweekhuisgasse en ander besoedeling as om "drie uur in jou motor rond te ry terwyl al die ligte in jou huis brand". En toe is die gort gaar.

Hierdie berig is op 18 Julie die wêreld ingestuur deur die tydskrif New Scientist se verslaggeefster Danielle Fanelli onder die titel Meat is murder on the environment. Die New Scientist berig word opgetel deur al die belangrike nuus netwerke. Sapa-AFP en Ruiters doen hul werk en binne enkele dae vind ‘n Google-soektog na “Akifumi Ogino” & “meat murder” meer as 300 berigte op die internet. Nog ‘n 100 of so artikels tref die oom se naam.

 

Aardverwarming is naai, en dis ‘n field day vir die groenes en die vegetariërs. Ek spot check maar net, maar oral word die storie net herhaal. Geen beoordeling van die inhoud, maar my ore brand onmiddellik rooi van agterdog: Ek ken Japanese Kobe Gyu (gee-ja-hoe, kort, g soos gangster) met sy heerlike vetryke weefsel en weet wat kos so ‘n porsie vleis. Jy bestel dit by die gram.

Opsoek na die oorspronklike artikel van die Dr Ogino kry ek net die abstract, en daar is niks meer inligting as in die New Scientist artikel. Met ‘n bietjie kreatiwiteit kry ek uitgewer Wiley om my toegang tot Animal Science Journal gratis te gee.

Eers toe kon ek die saak ondersoek, en sonder om op al die detail in te gaan, kondenseer ek die volgende:

  1. Soos vermoed is, sprak die Japanese artikel geen sprook van ekwivalente kweekhuisgasse vir ander menslike aktiwiteite.  Die joernalis Danielle Fanelli maak self hierdie berekening en bied dit aan as die waarheid sonder enige verwysing.  Dit pas goed vir die meeste stedelinge se verwysingsraamwerk.

  2. Ten einde die berig te sensasionaliseer word al die feite nie genoem
    • Dit is van toepassing op Japanese bees produksie in ‘n stal en voerkraal teen ‘n Japanese koste struktuur, omstandighede en voorskrifte.
    • Alle voeding konsentraat en ru stof word ingevoer 18,000 en 2000 km vêr per skip vanaf Amerika en China, respektiewelik. Nog ‘n paar 100 km per padvervoer kom by.
    • Die besoedeling strek oor ‘n periode van 34 maande
    • Vir die Japanese uitsoekerige eters is slegs 288kg (40%) bemarkbare vleis wat die werklike besoedeling effek erg verwring, want in werklikheid word bykans alles van die geslagte dier benut. Selfs sy mis gedurende sy lewe.
    • Ander lande se syfers vir soortgelyke produksie is laer.
    • Meeste diere in die wêreld loop op groen wei velde en hul voer word nie ten duurste aangery nie.

  3. Die vergelyking wat die joernalis getref tussen rooivleis produksie en stadsverkeer en ligte wat brand, is nie sinvol nie.
    • Min mense eet 1 kg beesvleis per dag, maar baie mense spandeer meer as twee uur per dag in hul motor, En dis hulle eie besluit
    • Mense skakel miskien nie ligte aan in die dag, maar as al die huishouding se energie in ag geneem word, tel hy as die groot vuil Jan.

  4. Die doel van die Japanese ondersoek is om maniere te vind om vleis meer ekonomies en omgewingsvriendelik te produseer.  Die bepaling van ’n benchmark dus. Terwyl die joernalis die eet van rooivleis wil bykom. Motive dus.

  5. Het iemand  gewonder hoeveel kweekhuisgasse die mens, nie net in sy industrie en verbranding van fossielbrandstof, maar ook in sy daaglikse persoonlike metabolisme en toilet, uitskei. Kom ons enigsins naby die miljarde herkouers wat voor die mens die aarde bewoon het?

Dit is dus die joernalis se siening wat die wêreld ingestuur is, wat weens die huidige relevansie van aardverwarming en massa onkunde, vir soetkoek opgeëet word. Die mens se gruwelike misbruik van natuurlike hulpbronne, die storie wat hy nie wil hoor, word nie vertel.

2013-01-17

Gaan kyk maar en besluit self.
Akifumi OGINO, Hideki ORITO, Kazuhiro SHIMADA, Hiroyuki HIROOKA (2007)
Evaluating environmental impacts of the Japanese beef cow–calf system by the life cycle assessment method.
Animal Science Journal 78 (4), 424–432.

 

Joomla templates by a4joomla