Robert Stanford (1806-1877)

 

Die saga van die reaksie van die koloniste teen die regering se plan om sogenaamde gevangenis in die Kaap aan wal te bring word deur baie as voorbeeld van aktivisme en openbare verset voorgehou. Dit is mos lofwaardig en feite word maklik verdraai indien nodig 1 .

Verset is goed en wel, maar as aktiviste mense opsweep tot barbaarse gedra soos met ‘n hedendaagse vakbond optog, wanneer onskuldiges by geweld betrek word, as die massahisterie uitgebuit word vir sommige tot hulle eie geldelike verryking, is die gedrag ewe krimineel as die kastige oorsaak van die verset. Dit kan dan nie goedgepraat word nie. Dit bly ‘n vlek op die naam van almal wat deelneem 2. Dit toon ook die pasifisme van die wat die wet moet in stand hou.

 

Neptune was reeds 5 maande ter see voor hy met se bemanning en 289 uitgewekenes op 22 September 1849 in Simonstad aangekom het.

Aan boord was hoofsaaklik “ticket to leave” 3 politieke gevangenis van Ierse afkoms. Ook John Mitchel 4, Charles Gavan Duffy en lede van sy Young Irelander beweging 5 , en William Smith O’Brien, Protestantse landheer en andere die wat aan die “The Battle of Widow McCormack’s Cabbage Patch” 6 deel geneem het. Dus nie skobbejakke en moordenaars nie. Onthou, dit was die tyd van hongersnood 7 in Ierland en algemene sosiale opstande in Europa. 8 Baie soos nou hier by ons.

Die koloniste, aangevuur deur koerantredakteur John Fairbairn blokkeer alle handel met die skip en die Regering. Slegs met die hulp van “lojaliste” word voorraad en lewensmiddele na die skip gesmokkel en word huishoudings van die Regering aan die gang gehou.

Watter regverdiging is daar vir ‘n Kaapse massaoptrede wat lei tot Kommissaris Joseph Norden wat vir die res van sy lewe ‘n invalide gelaat word?

Kaptein Robert Stanford word teen sy sin by die saga betrek, maar aangesien hy steeds ‘n Britse onderdaan en met “half-pay” medies ongeskik is vir aktiewe diens, het hy min keuse. Hy verskaf goedere oor land en met sy kotter vanaf Kleine Rivier (vandag se Stanford).

Na vyf maande van brutale hel in die somerson van die Kaap vertrek die Neptune op 21 February 1850 na Tasmania, maar in die Kaap gaan dit lustig voort met vreet van die vet van die “revolusie”

Wat gebeur met John Stanford? Banke weier sy besigheid, werkers word met bangmaakstories van sy plaas verjaag, sy familie word met eiers in die straat gegooi, sy kinders uit die skool verban. Met niemand om vir hom te werk, verdor sy landerye en bly sy gesaaides on-ingeoes.

Sy familie word selfs mediese sorg geweier. Vervoer vir hulp vanaf die kasteel moedswillig vertraag. Van die Goewerneur in Kaapstad word ‘n koets gestuur om ma en kind na ‘n gewillige dokter te bring, maar uiteindelik kom sy tuis met ‘n dooie kind.

Hy gaan Engeland toe om sy saak te bepleit en verliese te stel en kry £5000 kompensasie en word verhef tot die adelstand vir sy moeite. (So typical British)

Terwyl hy weg is verhuur hy sy spogplaas aan ene Kaptein Smales. Die stroop die plaas van al sy roerende bates, vee en oeste, waens en kotter inkluis. Met sy terugkeer vind Stanford ‘n geruïneerde plaas, maar toe hy vir Smales dagvaar, verklaar dié homself insolvent en trek na Natal. Vele ander van Standford se eiendomme word onder verdagte omstandighede van hom ontneem.

Hoeveel was £5000 vir sy moete en verdriet destyds? Sy mooi plaas Kleine Riviers Valley Farm, vandag Stanford, kon net vir £8044 verkoop word. 9 Hy betaal die nuwe eienaar £50 om die nuwe dorp wat daar aangelê word na hom te vernoem. So kom Stanford tot stand. 

Hy spandeer sy laaste geld aan die Kaapse howe en Privy Council in London om die onreg teen hom te laat herstel, maar sterf ‘n armlastige in Charlton-upon-Medlock in England. Hy was 71.

Mens vind dit dus vreemd dat John Stanford as ‘n verraaier gebrandmerk word en dat die gedrag van die koloniste goedgepraat word terwyl hulle in werklikheid ‘n geleentheid tot agterbakse diefstal gesien het. Laakbare gedrag teen enkelinge en mees wrede behandeling van die vreemdelinge op die skip.

Presies dieselfde gedrag waarteen die kerklikes en koerante van die tyd gewaarsku het die gevangenis sou bring. Presies dieselfde motief van die politieke gevangenis aan boord van die Neptune. Opstand teen die juk van die koloniale heerskappy.

 

Servaas de Kock
2013-06-25

 



[1] Stanford 150 : Portrait of a Village. 2008, deur Annalize Mouton

[2] Vergelyk die analoë geval Zimbabwe.

[3] Ticket to Leave: ‘n vorm van parool http://en.wikipedia.org/wiki/Ticket_of_leave

[4] Aktivis, Presbiteriaanse prokureur.

[5] The Young Irelander onder Duffy het die seisoen van revolusie na Frankryk aangegryp om in opstand teen die Britse ryk te kom.

[7] Hongersnood in Ierland. Die “Groot Honger” was die periode van hongersnood, siekte en emigrasie tussen 1845 en 1852 aangebring deur aartappel roes wat landerye verwoes het. Ongeveer 1 miljoen is dood en ‘n verdere 500,000 het geëmigreer. http://en.wikipedia.org/wiki/Great_Famine_(Ireland)

[8] Die jaar 1848 was ‘n tydperk van groot sosiale revolusies. Bykans elke stad in Europa het deurgeloop. Sisilië, Napels, Parys, Frankryk, Berlyn, München om ‘n paar te noem.

[9] Johan Victorin, Deense natuurkundige, skryf in sy dagboek in Desember 1853 aan die Kaap dat hy huur £4 per maand aan huis van ‘n familie in Rondebosch as “vergelykbaar goedkoop” beskou en ‘n ongeverfde tafel van dennehout vir ‘n ewe billike £1 3s koop. (Travels in the Cape - The years 1853-1655, JF Victorin)

Additional

John Fairbairn (9 April 1794 – 5 October 1864) was a newspaper proprietor, educator, financier and politician of the Cape Colony. According to the Standard Encyclopaedia of Southern Africa, “The embryo of the State education system we know today, trial by jury, the principle of the mutual life assurance company – all these were fruits of his endeavours at the Cape”. (Maar kyk wat het hy veroorsaak,)
https://en.wikipedia.org/wiki/John_Fairbairn_(educator) accessed 2020-04-19

 

 

Joomla templates by a4joomla