Otto het altyd gewonder oor die swaar-wees conundrum.

Almal vertel hom dat as jy die dag onder die blokman se byl deurloop is dit jou gewig wat tel. So hy het n eienaardige gevoel oor vet. As hy die ding so bedink het vet baie nadele. Hy lees iewers:

 

Die Departement van Gesondheid ry die arme anti-rook bulletjie in die grond. Nuwe wetgewing probeer al meer om die rokers onder ons aan bande te lê en eersdaags het tabakboere en -verwerkers geen werk. Geen aksyns inkomste meer vir die staat, maar ‘n massiewe smokkel bedryf en sigaret boewery.

Het hulle destyds met dieselfde gusto die HIV/VIGS kwessie aangepak, kon Geld Minister dalk teen die tyd ‘n paar ekstra krediete in landsbelang op sy telraam byvoeg. Maar nee, ons kies die sagste teiken as weerligafleier. Anti-rook wetgewing is baie makliker. Vigs is ‘n saak van geloof en vrye keuse en geheim, en beet groei maklik Van vetsug, ons groot gesondheidsprobleem, word nie ‘n woord gehoor of iets aan gedoen. Geen anti-vet gesprek, bosberaad, beleid of wetgewing is in sig.

Net soos rook is obseniteit ongesond.. Vir jou en almal om jou. Jou hart en longe werk swaarder, bloedvat en verskeie ander siektes kan jou dood beteken. Ons sê maklik vetsug is 'n siekte. Dit is. 'n siekte van 'n ongedissiplineerde eetgewoonte, ja. ’n Siekte wat weinig simpatie verdien. Vet is nie mooi nie. Vet is morsig. Vet vernietig selfbeeld. Vet is nie produktief nie. Vet gee chirurge kopseer en laat operasie tyd verdubbel. Vet mors tyd van dokters en geld van mediese fondse.

Motors en taxi’s vol swaar mense gebruik meer brandstof om op dreef te kom, bande loop vinniger af en rem vellings werk swaarder. Met hoër momentum is dit moeiliker om te stop – ongelukke erger. Slytasie verhoog. Vet mors geld en basiese grondstowwe, verhoog industriële afval en bevorder aardverwarming daarby. Vet besoedel die omgewing en die horison.

 

Otto does not smoke but have qualms about his porcine proportions…

 

 

Joomla templates by a4joomla