Otto is worried about the logic of the Mugabe cuckoo men.

  Do they really believe that their tattered economy can withstand the latest round of stupidity? How long can they really last when the writing is clearly on the wall. Otto’s new Vista tries to make a prediction, calculating 1012 permutations of lambda-chi probabilities. It might run for 48 hours. Meanwhile he grabs a cheese burger and tries to sting the obese dragon.

Vet en die omgewing

Groot gewig beteken groot liggaamsoppervlakte, beteken meer materiaal om die skaamte te bedek, beteken meer invoere uit China, beteken ‘n swakker handelsbalans, beteken ‘n Minister van Handel met sooibrand. Wat nog?

O, ja. Meer katoenplante. Dink aan al die gif vir hulle welstand. Meer kosbare vog van die sywurm gemors. Ook meer ink om mooi helderkleurige patrone op materiaal te druk. Meer elektrisiteit vir die drukperse. Meer olie verbrand.

Vetheid maak inbreuk op die persoonlike ruimte van almal. Op busse, treine en vliegtuie neem een ou vette die ruimte en gemak van twee maeres. Let op hulle betaal dieselfde prys maar hul vliegtuig vreet liters meer brandstof en laat ‘n paar ekstra milligram kweekhuis gasse agterna op pad London toe.

Eendag sal elke ou saam met sy bagasie op die skaal klim en betaal vir oorgewig. Ja, gee vir die ou dikkes ‘n beter sitplek hier in die middel rond vir beter balans.

Wat kan ons regering dan doen? Dit is mos altyd hulle skuld. Hulle moet die probleem aanspreek.

Joomla templates by a4joomla